Verkragting eers maand later aangemeld

Argieffoto

Die Orkney-polisiestasie ondersoek ʼn saak van verkragting nadat ʼn driejarige kind glo in die dorp verkrag is. Die ma het egter die voorval eers sowat ʼn maand ná die tyd aangemeld.

Volgens sers. Kelebogile Moiloa, ʼn woordvoerder van die Noordwes-polisie, het die 28-jarige ma eers Sondag die saak aangemeld. “Die ma beweer die kind is op 21 Februarie verkrag nadat sy haar dogtertjie in die sorg van haar bure in Umzomhle gelos het terwyl sy gaan werk het,” het Moiloa gesê.

“Toe die ma terugkeer van haar werk af en die kind gaan haal het, het die kind glo gekla dat haar privaatdele jeuk. Sy sê voorts sy het verder onraad vermoed terwyl sy haar kind gebad het,” het Moiloa gesê. Die ma het die kind glo daarna na ʼn kliniek geneem, maar het geloop voordat verpleegsters haar kon behandel omdat die kliniek glo vol was.

“Na die saak aangemeld is, is die kind vir ‘n mediese ondersoek geneem. Die polisie wag nog vir die uitslae,” het Moiloa bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die beweerde verkragting in hegtenis geneem nie. Die polisie gaan ook moontlik ʼn saak van kinderverwaarlosing ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.