Verkragting-klag teen Vavi glo laat vaar

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, het Maandag op die sosiale platform Twitter gesê die vrou wat beweer hy het haar verkrag, het  die aantygings teen hom teruggetrek.

Hy het Maandag omstreeks 14:00 getwiet: “Die klaagster het die “grief” na slegs 2 ure in die interne dissiplinêre verhoor laat vaar. Dankie aan almal wat my familie ondersteun het.”

Hy sê Cosatu gaan binnekort ʼn verklaring oor die voorval uitreik, maar hy gaan nie onderhoude oor die verklaring toestaan nie, aangesien hy “te moeg is” en tyd met sy familie wil deurbring.

Maroela Media het vroeër berig Vavi het Saterdag bewerings ontken dat hy ‘n vroulike kollega verkrag het. Hy het egter erken dat hy seks met die vrou gehad het, maar hy het gesê dit was nie aanranding nie omdat hulle albei daartoe ingestem het. Hy het gesê die vrou en haar man wou hom afpers vir R2 miljoen.

Lees ook:
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
Vavi afgepers in verkragting-skandaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.