Verkragting: Ses weke oue baba na Universitas oorgeplaas

baba1Die ses weke oue baba wat in Galeshewe, Kimberley, verkrag is, is na die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.

“Ma en baba het Dinsdag by die hospitaal aangekom,” het Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, gesê. “Die dokters behandel haar en het aangedui dat sy in ʼn stabiele toestand is.”

Die baba is in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem nadat sy verlede week, vermoedelik deur haar 24-jarige oom, verkrag is.

Lees ook:
Baba wat verkrag is, sterk aan
Ses week oue baba verkrag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.