Verkragting-verdagte vasgetrek; verbind met nóg misdade

boeie swart’n Verdagte wat gister in verband met die ontvoering, verkragting en poging tot moord op ’n 34-jarige vrou aangekeer is, is intussen aan nog talle misdade teen vroue en kinders verbind.

Die polisie het Vrydag op ’n wenk reageer en ’n huis in Doornkop, Soweto deursoek, waar hulle toe die 28-jarige verdagte gevind het. Hy het na bewering op 5 Augustus vanjaar ’n 34-jarige vrou ontvoer en herhaaldelik in Zondi, Soweto verkrag waarna hy haar ernstig aangerand het.

Adjudantoffisier Kay Makhubela het die inhegtenisname van die man as ’n deurbraak bestempel. Hy het vroue in die omgewing wat soortgelyk aangerand is aangemoedig om na vore te kom en die verdagte te kom uitken. “Ons het ontdek dat die man met ontvoering- en verkragtingsake van verskeie vroue en kinders verbind kan word.”

Die man sal waarskynlik Maandag in die Protea Landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Stefan Du Preez ·

Wel gedaan Maroela Media! Sien julle skram nie weg van die waarheid wat die foto betref nie.

Jasper ·

Dit is in sy kultuur om met geweld dit te vat wat hy begeer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.