’n Verdagte wat gister in verband met die ontvoering, verkragting en poging tot moord op ’n 34-jarige vrou aangekeer is, is intussen aan nog talle misdade teen vroue en kinders verbind.
Die polisie het Vrydag op ’n wenk reageer en ’n huis in Doornkop, Soweto deursoek, waar hulle toe die 28-jarige verdagte gevind het. Hy het na bewering op 5 Augustus vanjaar ’n 34-jarige vrou ontvoer en herhaaldelik in Zondi, Soweto verkrag waarna hy haar ernstig aangerand het.
Adjudantoffisier Kay Makhubela het die inhegtenisname van die man as ’n deurbraak bestempel. Hy het vroue in die omgewing wat soortgelyk aangerand is aangemoedig om na vore te kom en die verdagte te kom uitken. “Ons het ontdek dat die man met ontvoering- en verkragtingsake van verskeie vroue en kinders verbind kan word.”
Die man sal waarskynlik Maandag in die Protea Landdroshof verskyn.
Wel gedaan Maroela Media! Sien julle skram nie weg van die waarheid wat die foto betref nie.
Dit is in sy kultuur om met geweld dit te vat wat hy begeer.