Verkragting-video: 13-jarige vir evaluasie gestuur

Die 13-jarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy deel was van ʼn groep wat vroeër vanjaar ʼn 17-jarige verstandelikgestremde meisie in Soweto verkrag het, is Donderdag vir sielkundige evaluasie gestuur.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die evaluasie sal bepaal wat sy vermoë is om ʼn kriminele dade te pleeg. “Daar word vermoed dat minderjariges tussen die ouderdom van 7 en 14 nie bewus is van kriminele dade nie.”

Al sewe verdagtes sal weer op 20 Junie in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.