Vonnisopleggings prosedures het die week voortgegaan in die saak van die veroordeelde kinderverkragter, Andries Sibiya (55), wat in 2008 reeds skuldig bevind is op nege aanklagte van verkragting.
LookLocal Lowveld berig dat die staat se laaste twee getuies die week getuig het. Sibiya het Woensdag vir die 76ste keer in die hof verskyn en soos talle kere in die verlede uit sy rolstoel op die grond neergeslaan en rondgerol voor hy op sy maag voor die beskuldigdebank gaan lê het. Sibiya het ʼn 13-jarige meisie van 1998 tot 2007 verkrag en drie kinders by haar verwek. Die saak is die afgelope vier jaar telkens uitgestel omdat Sibiya voorgegee het hy is siek. Twee mediese praktisyns het gister getuig dat hul geen rede sien hoekom Sibiya nie tronk toe gestuur kan word nie. Die saak is tot 16 Julie uitgestel vir die finalisering van bewyse en finale verklarings.
Lees meer hier.