Verkragtingsaak teen ANC-LP teruggetrek

Sikhumbuzo Kholwane en sy prokureur, William Booth

‘n Saak van verkragting teen ‘n ANC Lid van die Parlement (LP) is Maandagoggend laat vaar.

Sikhumbuzo Kholwane, voorsitter van die Parlement se Kommunikasie-Portefeuljekomitee, het vroeër in die Wynberg landdroshof verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy ‘n 26-jarige vrou, met wie hy vroeër in ‘n verhouding betrokke was, verkrag het. Die voorval het na bewering in Desember in sy Grassy Park-huis plaasgevind. Kholwane se prokureur, William Booth, sê alle klagtes is teruggetrek, aangesien die saak nie sterk genoeg was nie. “Die Staat het nie ‘n saak nie en ons voel dat daar nie ‘n redelike vooruitsig vir ‘n suksesvolle vervolging bestaan nie,” het Booth gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.