Verkragtingsaak vir 80ste keer uitgestel

Andries Sibiya. Foto: www.looklocal.co.za

Die veroordeelde kinderverkragter, Andries Sibiya (55), het vroeër die week tydens sy 80ste hofverskyning weer geweier om te getuig.

LookLocal Lowveld berig dat Sibiya, wat reeds in 2008 skuldig bevind is op nege aanklagte van verkragting, soos vantevore uit sy rolstoel op die grond neergeslaan en rondgerol het voor hy op sy maag voor die beskuldigdebank gaan lê het. Sibiya het die week weer beweer dat hy te siek is om te getuig. Die saak is op 30 Julie uitgestel nadat die verdediging aangedui het dat hy twee bykomende getuies wil roep en dat Sibiya hierna sy finale verklaring sou aflê. Sibiya het egter met sy hofverskyning die week geweier om te getuig. Sibiya is na die getuiebank geroep waarna hy van die grond opgetel en terug in sy rolstoel gesit is. Terwyl sy rolstoel na die getuiebank gestoot is, het Sibiya egter weer uit sy rolstoel geval en op die grond rondgerol. Die saak is uitgestel tot 23 Augustus wanneer Sibiya ʼn geskrewe verklaring sal moet indien of getuig. Indien Sibiya steeds nie wil getuig nie sal die hof voortgaan met vonnisoplegging.

Sibiya het ʼn 13-jarige meisie van 1998 tot 2007 verkrag en drie kinders by haar verwek. Die saak is die afgelope vier jaar telkens uitgestel omdat Sibiya voorgegee het hy is siek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mara ·

Gee hom net een keer ‘n Tazer elektriese skok, en dan sal jy sien hoe vinnig gaan hy oor in verbale diaree.
(Tazer is die instrument wat ons gebruik vir selfverdediging.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.