Verkragtingsbaba gaan glo volkome herstel

baba1Die ses weke oue baba wat in Galeshewe buite Kimberley verkrag is, gaan moontlik volkome herstel, berig die Saturday Star.

Jan van Soest, ʼn ginekoloog, was deel van ʼn span van sewe mense wat vir twee ure op die baba geopereer het nadat sy verkrag is. Van Soest het aan die koerant gesê hoewel dit nog te vroeg na die operasie is, hulle verwag dat die baba volkome sal herstel en eendag sal kan kinders hê. Hy sê die baba was so getraumatiseerd toe sy Dinsdag na die hospitaal gebring is dat hulle haar eers onder narkose moes plaas om haar te kon ondersoek. Die man wat van die baba se verkragting beskuldig word, het intussen Donderdag in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die saak is tot 12 Desember uitgestel wanneer die verdagte om borgtog sal aansoek doen. Die verdagte is na bewering die baba se oom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

En die onbeskryflike amoeba wat haar verkrag het wil aansoek doen vir borg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.