Verkragtingsvideo: Een man vrygespreek

Een van die mans wat daarvan verdink word dat hy vroeër vanjaar ʼn 17-jarige verstandelik gestremde meisie in Soweto verkrag en die daad verfilm het, se aanklagte is Woensdag deur die Roodepoortse landdroshof teruggetrek.

Volgens William Karam, die man se prokureur, is die man vrygespreek omdat daar nie genoeg bewyse teen hom was nie. Die ander twee volwassenes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is op borgtog van R1 500 elk vrygelaat.

Vyf van die sewe verdagtes wat by die verkragtingsvideo betrek word, het Woensdag in die landdroshof verskyn. Altesaam ses beskuldigdes – drie volwassenes en drie minderjariges – is nou op borgtog vrygelaat.

Die saak is tot 6 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.