Verkragtingsvraag: Matrieks was “onvoorbereid”

Die vraag in die drama-eksamenvraestel. Foto verskaf

Die vraag in die drama-eksamenvraestel. Foto verskaf

Matrieks wat aanstoot geneem het oor ʼn vraag in ʼn drama-vraestel wat verband hou met babaverkragting, was onvoorbereid, het eksamen-owerhede Woensdag gesê.

Umalusi, die eksterne Raad op Gehalteversekering, wat die vraestel goedgekeur het, het gesê dramatiese kuns is ʼn vak wat ten doel stel om leerlinge toe te rus deur hulle gedagtes vry te maak van skynheiligheid en vooroordeel. “Die feit dat sommige leerlinge deur dié vraag aanstoot geneem het, beteken dat die uitkoms van die vak nie behaal is nie,” het Lucky Ditaunyane, woordvoerder vir Umalusi, gesê.

Sommige leerlinge, onderwysers en ouers was ontsteld oor ʼn vraag wat matrieks moes beantwoord in die drama-vraestel. Die leerlinge moes simbolies die verkragting van ʼn baba uitbeeld deur van ʼn brood en ʼn besemstok gebruik te maak. Die vraag is gebaseer op Lara Foot Newton se verhoogstuk, “Tshepang”, wat op ware gebeure gebaseer is.

Ditaunyane sê Umalusi se vakkundiges is sensitief vir kwessies van nasionale beswaar soos verkragting, geweld en mishandeling. “Dit is ook belangrik om in ag te neem dat grootse dramatiese werk kontekstueel, histories en sosiaal relevant moet wees.”

Die departement van basiese onderwys het vroeër in ʼn verklaring gesê hy oorweeg om die eksamenvraag uit te sluit. “Die departement sal ʼn proefsteek doen van antwoordstelle van leerders regoor die nege provinsies, om te bepaal of daar enige benadeling vir die kandidate was. Indien daar bewyse is dat kandidate deur die vraag geraak is, dan sal die vraag uitgesluit word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Henko ·

Praat soos julle wil, probeer dit regverdig soos julle wil – DIS ONVANPAS EN WALGLIK om te verwag dat kinders (al is hulle graad 12 leerlinge) so ‘n vraag moet beantwoord. NIKS te doen met onvoorbereid.

Jaco ·

Is dit hoe siek die land geword het. AbsolutE skande om dit uit te beeld as “kuns”. Die kuns le in hoeveel mense wegkom met dit.

Elize Mans ·

Ja dit is skokkend,dat daar so n eksamen vraag,vir matrieks was,,wat reeds hierdie land waarin ons moet bly,elkedag moet aanhoor,hoe klein kindertjies verkrag word.

Die person wat sulke vrae vir ons matrieks opgestel het,is siek,en is skokkend.
Stel voor dat alle matrieks punte sal kry vir daardie siek vraag.

Stinkfinger ·

Dit is soos die agtergeblewenes weens apartheid in die land grootword en elke dag ondervind. Hulle is nie bevoorreg soos die blankes om nie daaraan blootgestel te word nie.

Peter Says ·

vrotvinger, jy is reg ja die agtergeblewenis word net groot ja, sonder waardes en integriteit.

Meisie ·

Een ding sal ek nou graag wil weet, hoe de joos moes die kinders hulself dan “ voorberei “` op so vraag????????? Dan vra ons nog hoe de hel word `n ses weke oue baba verkrag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Daar word met ander woorde van ons kinders verwag dat so iets hulle nie sal ontstel nie!!! Maar aan die ander kant word daar veldtogte gehou teen mishandeling van kinders?????????Wat `n grap!!!! Hoe meer die mense skreeu teen mishandeling van vroue en kinders, hoe erger raak dit!! Omdat van ons jeug verwag word dat hulle nie ontsteld sal raak oor so iets nie!!!!Dit is belaglik en walglik!!!!

kraalmuur ·

Dis reg matrieks. Dis julle eie skuld dat julle nie weet hoe ‘n baba verkrag moet word nie. Moenie van ons genade verwag in die eksamen nie. Kom by. Die land kan nie bekostig dat julle so oningelig is nie.

Suid Afrika, Die land waar babaverkragting tot ‘n fyn kuns ontwikkel is. Proudly brought to you by the ANC.

LINDA VAN ROOYEN ·

proudly brought to you by the ANC…..EN HULLE PROBEER DIT VEDEDIG???
ek sou graag wou weet hoeveel wel geantwoord het EN wat daardie antwoorde was

Jolene ·

Soveel meisies word verkrag wat as daar ‘n verkragte meisie daai vraag moes beantwoord??!! Hulle het heel duidelik nie gedink toe hulle die vraestel opgestel het nie!! Dit is siek!! Geen mens kan dit regverdig nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.