Verlaag wettige limiete vir bloedalkoholvlakke, vra minister

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van vervoer, Dipuo Peters, het vandag aangekondig dat die wettige bloedalkoholvlak vir motorbestuurders dalk drasties verlaag kan word.

Peters het die media vandag oor padveiligheid toegespreek en verskeie maatreëls wat ondersoek word om die sterftesyfer op Suid-Afrika se paaie te probeer verlaag, bekendgemaak.

Een van die wysigings aan die Nasionale Padverkeerswet wat deur die regering ondersoek word, sal beteken dat die wettige bloedalkoholvlak vir motorbestuurders van 0,05g per 100 ml bloed (0,05%) na 0,02g per 100 ml bloed (0,02%) verlaag sal word. Bestuurders wat openbare vervoerdienste bied en vragmotorbestuurders mag egter geen alkohol gebruik nie.

Nog ʼn aanpassing wat oorweeg word, is dat bestuurders wat vir die eerste keer aansoek doen vir ʼn bestuurslisensie, dié lisensie eers net vir ʼn proeftydperk van twee jaar kan bekom.

Peters het beklemtoon dat Suid-Afrika se wette en die gepaardgaande strawwe wat opgelê kan word, moet help om Suid-Afrikaanse motorbestuurders se gedrag te verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vas Vat ·

Alkohol is n faktor,maar Peters,ek dink jy tas so bietjie in die donker rond…verwyder eerder die mini bus taxi,s van die paaie,hulle is die slagters op die paaie.Bring terug die ou spoorweg bus stelsel.

Vas Vat ·

Verwyder die mini bus taxis van die paaie,hulle is die slagters.

vuurvreter ·

Vas vat mini taxis is dood kiste op wiele. Sit en kyk net vir 2_ure dan sien jy hoe lyk die wrakke en metro polisie doen niks want hulle beursies moet vol word vir elke aand se jolyt.

Jasper ·

Nou word die dam onder die eende uitgeruk. Tree eerder sterker teen oortreders op of maak die limiet zero, dan weet elkeen waar staan hy.

Griet ·

Stem saam met Jasper. Om die limiet te verlaag, selfs 0% te maak, gaan GEEN verskil maak aan die aantal oortredings nie. Die persone wat nou binne die reëls van die wet bly sal dan ook binne die reëls van die wet bly. Die persone wat dit nou oortree, sal dit dan ook oortree. As daar nie strenger teen oortreders opgetree word nie, sal niemand se gedrag verander nie.

gail vermaak ·

Sonder om sarkasties te klink,dink ek die agbare Minister moet eerder ander,meer drastiese alternatiewe oorweeg soos bv:beslaglegging op die voertuig of motorfiets wat gebruik was ten tyde van die misdryf en dit in skud te hou tot die saak afgehandel is en indien die persoon(persone) skuldig bevind word,moet die voertuig verbeurd verklaar word aan die staat.Almal weet dronk bestuur is teen die wet en indien mens dronk bestuur, is daar geen verskoning wat aangevoer kan word, anders dan bloot die feit jyt geweet dis verkeerd en onwettig,maar jyt mar n kans gevat en gehoop jy word nie gevang nie.Die meeste mense het geen respek vir die wette van die land nie,juis vanwee die absolute wydeenlopende maniere hoe dit toegepas word nie.bottem line is;steel bly steel,of dit nou 1 brood of 2 brode is,,jy het gesteel en jy het geweet jy vat n brood of brode sonder om te betaal of toestemming gehad het om dit te vat………T.ov. dronk bestuur geld dieselfde beginsel………..hoekom sal di verlaging in die bloed-alkohol vlak nou enigsins n verskil maak.99 persent van alle mense wat drink,drink meer as wat die wet hom of haar tolaat om te mag drink en dan te bestuur en die scenario het nog nooit verander nie.Publisering van die persone wat skuldig bevind word se naam en adres en n foto daarby mag dalk n groter,meer positiewe uitwerking he.Dis my beskeie opinie.

H J Bester ·

Hierdie nuwe minister van vervoer is nou soos die spreekwoordelike nuwe besem – Hy wil tolpaaie in Gauteng voor die einde van die jaar in werking hê en alkoholvlakke van voertuigbestuurders moet drasties verlaag word.

Raad aan mnr Peters: Sien toe dat wetstoepassing behoorlik in plek kom en sien verder toe dat korrekte onderdersoeke by padblokkades en ongelukstonele plaasvind soos alkoholtoetse, padwaardigheidstoetse, dat bestuurder oor toepaslike bestuurderslisensies beskik en dat voertuie nie oorlaai is nie. En, bring dissipline by taxi’s wie ‘n skrikbewind op die paaie voer.

Johan Viljoen ·

Nog n idiotiese plan. Pas liewer die huidige wetgewing strenger toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.