Verliefde tieners pleeg selfmoord op Valentynsdag

ʼn 16-jarige meisie en haar 17-jarige kêrel het op Valentynsdag in suidelike Bangladesh selfmoord gepleeg nadat die meisie gedwing is om met ʼn ander man te trou, het die polisie Dinsdag gesê.

Mitu Molla en Soud Sheikh se “hande was met ʼn serp vasgebind” nadat hulle van ʼn selfoontoring in die Gopalganj-distrik gespring het, het inspekteur Sarojit Biswas gesê. “Hulle is op pad na die hospitaal oorlede. Dit blyk dat die twee tieners wat in buurdorpe woon romanties verbind was en dat hulle gekies het om op Valentynsdag selfmoord te pleeg,” het Biswas aan AFP gesê. Volgens Biswas het Molla se gesin haar twee maande gelede na ʼn dorp, wat sowat 200 km ver is, geneem om met ʼn man te trou wat twee keer so oud is soos sy, nadat hulle van Sheikh uitgevind het. Sheikh, ʼn hoërskoolleerling in Dhaka, die hoofstad van Bangladesh, het Maandagaand heimlik na die dorpie teruggekeer om die meisie daar te ontmoet. Die meisie het ook na haar ouerhuis teruggekeer om te gaan kuier. “Dis moontlik dat die twee tieners die besluit om selfmoord te pleeg, oor hul selfone bespreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.