Verligting vir motoriste

Die pryse van alle grade van petrol sal op 5 Junie met 8c per liter daal, terwyl die groothandelprys van beide grade diesel met ongeveer 4c per liter sal daal.

“Die feit dat die pryse ietwat daal eerder as om met enkele sente te styg, is hoofsaaklik te danke daaraan dat die leiheffing (slate levy) op petrol en diesel met byna 11c per liter gedaal het,” het Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

“Die onlangse verswakking van die rand teenoor die dollar, met sowat 9% in die afgelope twee weke, het te laat gebeur om ʼn groot impak op plaaslike brandstofpryse te hê. Indien hierdie verswakking egter nie herstel tydens Junie nie, kan petrol- en dieselpryse met meer as 60c per liter styg op 3 Julie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.