Verlore seuntjie te laat om ouma te groet

ʼn Ma en haar 8-jarige seuntjie is gister ná drie dae se soektog herenig.

Snowy Mahlangu van Zola, Soweto, het egter gemengde gevoelens gehad, berig Sowetan Live. Alhoewel sy dankbaar was om haar seuntjie, Ntando, by die kinderhuis in Johannesburg te ontmoet, is haar ma, Dudu Gasa, die dag ná haar seun se verdwyning oorlede.

Volgens Mahlangu het haar ma se gesondheid geweldig agteruitgegaan toe sy van haar kleinseun se verdwyning Sondag te hore gekom het. “Sy het my Sondag gebel om te sê dat my niggie, by wie Ntando die vorige aand spandeer het, haar in kennis gestel het van Ntando se verdwyning. Dit was die laaste keer wat ons gepraat het,” het sy gesê.

Terwyl sy Maandag na haar seuntjie gesoek het, het sy die slegte nuus te hore gekom. “Bure het my in kennis gestel dat my ma gesterf het,” het Mahlangu gesê.

Volgens konstabel John Serala van Moroka-polisiestasie is Ntando deur paramedici na die stasie gebring. “Hulle het hom in die straat sien ronddwaal, en hy het gesê hy is verdwaal,” het Serala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.