Vermeende bylmoordenaar in die hof

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy drie van sy familielede met ‘n byl vermoor en twee gewond het, het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Vereeniging verskyn.

Die man het sy gesig vir die kameras en videograwe weggesteek.

Die 25-jarige man het Sondag glo sy familielede met ‘n byl aangeval. Sy 60-jarige ouma het op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk. Twee vroulike familielede, onderskeidelik 26 en 28 jaar oud, is op die toneel in Orange Farm, suid van Johannesburg, oorlede. Twee neefs, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. ‘n Sesjarige familielid is ook aangeval, maar sy kon ongedeerd ontsnap. Die verdagte het gevlug, maar is in Tembisa aangekeer.

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Die man het in die hof aangedui dat hy staatsregshulp benodig. Die staat het gesê hy gaan borgtog teenstaan en het versoek dat die man vir sielkundige evaluasie gestuur word.

Lees ook:
Drie familielede sterf in bylaanval
Seun vermoor glo ouma, tannie met ‘n byl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.