Vermeende bylmoordenaar erken skuld

'n Man wat van die bylmoorde in Orange Farm beskuldig word, het Dinsdag skuld erken Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Man wat van die bylmoorde in Orange Farm beskuldig word, het Dinsdag skuld erken Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Man van Orange Farm wat glo drie van sy familielede met ʼn byl vermoor het, het skuld erken op die misdaad, het die Vereeniging-streekshof Dinsdag gehoor.

Die staat het die hof ingelig dat die man skuld erken het en dat hy vir sielkundige ondersoek gestuur moet word. Die beskuldigde het in reaksie hierop gesê: “Ek is reg. Ek het nie ʼn geestelike siekte nie. Kan ek nou maar skuldig pleit?”

Die man is nog nie toegelaat om te pleit nie. Die saak is tot 21 Januarie uitgestel om hom die geleentheid te bied om aansoek te doen vir regshulp.

Twee van die beskuldigde se neefs, Malape Sehloho en Buti Motlou, is uit die galery geroep. Hulle het gesê hy het geen geskiedenis van geestelike probleme nie.

Die 25-jarige man het glo sy 60-jarige ouma en twee vroulike familielede met ʼn byl vermoor. Twee neefs, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, is beseer en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. ʼn Sesjarige familielid het ongedeerd ontsnap.

Talle inwoners van Orange Farm het die hofverrigtinge Dinsdag bygewoon. Fana Motlou, een van die beskuldigde se neefs, het gesê die familie is geskok oor die voorval. Hy sê plaaslike raadslede help die familie met die begrafnisreëlings. “Dit sal ʼn massabegrafnis wees,” het Motlou gesê.

In antwoord op ʼn vraag of die familie die beskuldigde kan vergewe, het hy gesê: “In hierdie stadium kan ons nie vergifnis preek nie.”

Lees ook:
Vermeende bylmoordenaar in die hof
Drie familielede sterf in bylaanval
Seun vermoor glo ouma, tannie met ‘n byl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.