Vermeende bylmoordenaar op waglys vir sielkundige ondersoek

'n Man wat van die bylmoorde in Orange Farm beskuldig word. Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Man wat van die bylmoorde in Orange Farm beskuldig word. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Man van Orange Farm wat glo erken het dat hy drie van sy familielede met ʼn byl vermoor het, moet sielkundig ondersoek word, het die Vereeniging-streekshof Dinsdag aangehoor.

Landdros Leon Ferreira het gesê Lucas Masiya is steeds op ʼn waglys om by die Sterkfontein- psigiatriese hospitaal opgeneem te word. “Jy is nommer 69 op die lys,” het Ferreira gesê.

Die staat het verlede week voorgestel dat Masiya vir sielkunde ondersoek gestuur word nadat hy skuld herken het op die moorde. Masiya het egter gesê hy het nie ʼn geestelike siekte nie en het gevra of hy nou maar skuldig kan pleit.

Hy het Dinsdag in dieselfde klere verskyn as met sy vorige hofverskyning verlede Dinsdag.

Masiya se nuut-aangestelde Legal Aid-prokureur het aan die hof gesê hulle gaan nie aansoek doen om borgtog nie. Die saak is tot 21 Februarie uitgestel.

Buite die hof het Eazy Sehloho, Masiya se oom, gesê die familie sukkel om die afsterwe van hul familielede te verwerk. “Sy ma is in baie pyn,” het Sehloho gesê. “Die sesjarige meisie (wat Masiya probeer aanval het) ontvang steeds berading.”

Sehloho het gesê hulle is bereid om Masiya te vergewe, maar soek hom nie terug by die huis nie.

“Hy verdien nie om saam met ons te bly nie. Niemand van die familie het hom al in die tronk gaan besoek sedert hy in hegtenis geneem is nie.”

Die 25-jarige man het glo sy 60-jarige ouma en twee vroulike familielede met ʼn byl vermoor. Twee neefs, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, is beseer en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hy wou ʼn sesjarige familielid ook aanval, maar sy het ongedeerd ontsnap.

Hy staar drie aanklagte van moord in die gesig, asook drie van poging tot moord.

– SAPA

Lees ook:
Vermeende bylmoordenaar weer in hof
Vermeende bylmoordenaar erken skuld
Vermeende bylmoordenaar in die hof
Drie familielede sterf in bylaanval
Seun vermoor glo ouma, tannie met ‘n byl

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.