Vermeende bylmoordenaar weer in hof

'n Man wat van die bylmoorde in Orange Farm beskuldig word, het Dinsdag skuld erken Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Man wat van die bylmoorde in Orange Farm beskuldig word, het Dinsdag skuld erken Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Man van Orange Farm wat glo erken het dat hy drie van sy familielede met ʼn byl vermoor het, verskyn Dinsdag weer in die Vereeniging-streekshof.

Die saak is verlede Dinsdag uitgestel om hom die geleentheid te bied om aansoek te doen vir regshulp.

Tydens sy vorige verskyning het die staat die hof ingelig dat die man vir sielkundige ondersoek gestuur moet word. Die beskuldigde het egter in reaksie hierop gesê: “Ek is reg. Ek het nie ʼn geestelike siekte nie. Kan ek nou maar skuldig pleit?”

Die 25-jarige man het glo sy 60-jarige ouma en twee vroulike familielede met ʼn byl vermoor. Twee neefs, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, is beseer en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. ʼn Sesjarige familielid het ongedeerd ontsnap.

Hy staar drie aanklagte van moord in die gesig, asook drie van poging tot moord.

Lees ook:
Vermeende bylmoordenaar erken skuld
Vermeende bylmoordenaar in die hof
Drie familielede sterf in bylaanval
Seun vermoor glo ouma, tannie met ‘n byl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.