Vermeende Ceres-babaverkragter in hegtenis geneem

ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die onlangse verkragting van ʼn vier maandeoue baba en ʼn sewejarige seun in Ceres in die Wes-Kaap.

Lt.kol. André Traut het Donderdag gesê die 25-jarige man, ʼn plaaslike plaaswerker, is in hegtenis geneem en gaan na verwagting vandag in die Ceres-landdroshof verskyn. “Geweld teen kinders is een van die polisie se top prioriteite, en ons sal nie rus totdat enige verdagte in verband met so ʼn oortreding aangekeer word nie,” het hy gesê. “Ons is tevrede met die uitkoms van die ondersoek tot dusver en wil graag die Ceres-gemeenskap bedank wat gehelp het met die ondersoek oor die afgelope tyd.”

Die baba het op 3 Augustus saam met haar ouers in hul bed geslaap toe ʼn man haar gegryp en verkrag het. ʼn Sewejarige seun is in dieselfde huis verkrag.

Die polisie het aanvanklik ʼn 32-jarige man ondervra, maar hy is vrygelaat.

Lees ook:
Verkragte baba van Ceres sterk aan
Ceres-kinderverkragtings: Verdagte ondervra
Babadogtertjie, boetie verkrag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Ek sou graag die hoof opskrif wou lees as volg :

“VERMEENDE CERES BABA-VERKRAGTER VREK GESKIET”

Alles goed en wel dat dit prioriteit is by die polisie, maar net vanoggend lees ek dat soveel SAPD-lede SELF kriminele rekords het. Waarom hulle enigsins in die mag is, gaan my verstand te bowe.

amy ·

Ek hoop hy kry die wind goed van voor in die tronk. Sal hy skuldig bevind word, moet hy boet vir sy walglike dade!!!

Peter Bezuidenhout ·

Kyk,die doodstraf bestaan nie,en gaan vir baie lank NIE bestaan in die land nie.Ek hoop van harte die gemors kry sy verdiende loon in die gevangenis.Ek berus egter by een aspek…God Slaap Nie,jy SAL in die hiernamaals die Groot prys betaal…HEL…

Sarie van Niekerk ·

Kastreer hom sonder verdowing!!
Daar moet net doodseker gemaak word, indien hy skuldig bevind word, dat almal in die tronk waarheen hy gaan presies weet vir wat hy daar is. Hulle sal hom laat pleit vir die doodstraf

Sarie van Niekerk ·

Trippie ek stem saam met jou. Daai spul polisiemanne met kriminele rekords, offisiere en laer range, hoort glad nie in die polisie nie. Hoe kan die Suid-Afrikaanse Polisiediens vertrou word met bykans 1 500 lede wat kriminele rekords het. En dit is maar net die waarvan ons weet, hoeveel ander is daar met rekords waarvan niemand weet nie. Ek se ontbind die Suid-Afrikaanse Polisiediens en stel ‘n privaat polisiemag in, dan sal daar weer wet en orde wees

Willy ·

Ek wens die gemors vrek! En steeds wil ek weet hoekom het die ouers van niks geweet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.