Vermeende ‘Facebook-verkragter” deur polisie vasgetrek

Die beweerde Facebook-verkragter het die naam Thomas Bester gebruik, een van minstens 13 skuilname.

Die man wa na bewering die sogenaamde ‘Facebook-verkragter’ is, ene Thomas Bester, is deur die Valke in Alberton in hegtenis geneem.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Vishnu Naidoo, sê Bester, wat glo ook minstens 13 ander skuilname gebruik, is Woensdagaand in hegtenis geneem op nog ʼn aanklagte van ontvoering. Die verdagte wat na bewering 22 jaar oud is, word met talle verkragtings en minstens een moord verbind. Die man het glo vroue op Facebook of in persoon ontmoet. Hy het ook glo modelagtenskappe gekontak en die dienste van modelle versoek wat hy dan na ander provinsies gelok het. Hy het hulle na bewering beroof, verkrag en in sommige gevalle vermoor. Die verdagte is al vir weke soek in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Wes-Kaap. Naidoo sê Bester het Vrydag in ʼn hof in Gauteng verskyn en word aangekla van minstens een klag van moord, talle aanklagte van verkragting, ontvoering en roof. Hy sal binnekort weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.