Vermeende ‘Facebook-verkragter’ Woensdag in hof

Die man wat na bewering die sogenaamde “Facebook-verkragter” is, ene ‘Thomas Bester’, sal na verwagting Woensdag in die Durban landdroshof verskyn.

‘Bester’, wat glo ook minstens 13 ander skuilname gebruik het, is verlede week deur die Valke in Alberton in hegtenis geneem. Die verdagte wat na bewering 22 jaar oud is, word met talle verkragtings en minstens een moord verbind. Die man het glo vroue op Facebook of in persoon ontmoet. Hy het ook glo modelagtenskappe gekontak en die dienste van modelle versoek wat hy dan na ander provinsies gelok het. Hy het hulle na bewering beroof, verkrag en in sommige gevalle vermoor. Hy word verbind met voorvalle in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Wes-Kaap. ‘Bester’ het Vrydag in ʼn hof in Gauteng verskyn en word aangekla van minstens een klag van moord, talle aanklagte van verkragting, ontvoering en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.