Vermeende grypdief naby Menlyn geskiet

Argieffoto

ʼn Hawelose man is Dinsdagoggend naby die Menlynpark-winkelsentrum doodgeskiet nadat ʼn gesteelde iPad-sein tot by die omgewing, waar die man hom bevind het, gevolg is.

Maroela Media het vroeër berig die man is dood tydens ʼn skietery. Lees meer hier.

Kaptein Colette Weilbach, ʼn woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, sê ʼn gryp-en-spaander voorval het tot die onbekende man se dood gelei. ʼn 20-jarige vrou van Garsfontein het in haar voertuig in Garsfonteinweg gery. ʼn Man het haar voertuig se venster aan die passasierskant naby die N1-oprit stukkend geslaan en haar handsak, selfoon en iPad gesteel. Sy het direk na die voorval na ʼn nabygeleë vulstasie gery en haar vriend gebel.

Haar 25-jarige vriend het haar iPad se sein begin volg. Hy het die sein gevolg tot by ʼn oop stuk veld langs ʼn vulstasie in Atterburyweg. Vandaar het hy te voet die veld ingegaan. Hy was met ʼn pistool gewapen.

“Hawelose mans het onder ʼn boom gestaan en weggehardloop toe hulle hom sien. Die vriend het skote in hul rigting geskiet en een man noodlottig in sy kop gewond,” het Weilbach gesê.

“Polisiebeamptes wat toevallig by die vulstasie was, het die skote gehoor en ondersoek gaan instel. Die 25-jarige man is in hegtenis geneem. Polisiebeamptes het die iPad se sein verder gevolg en vier verdagtes, tussen die ouderdom van 16 en 30 jaar, in Glenwoodweg in hegtenis geneem nadat die gesteelde iPad in hul besit gevind is.”

Die 25-jarige man moet binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

Talle gryp-en-spaander-voorvalle vind oor die afgelope tyd by die kruising van Garsfonteinweg en die N1-oprit plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rena Brown ·

Die grypdiewe? Wat het met hulle gebeur? Regstelsel is verkeerd om.

Derick ·

Ja die A N C regering sit agter al hierdie moorde en diefstalle op die wittes. Hulle doen niks om die witmense te beskerm nie.

garrie kleinhans ·

julle weet mos jy moet eers doodgeskiet word voor j y jouself mag verdedig…….

Theo Botha ·

Hy was roekeloos in die handtering van sy vuurwapen. Hy was nie in onmiddelike gevaar nie en kon nie sy vuurwapen gebruik nie. Hy het meer as genoeg tyd gehad om versterkings soos sekuriteit maatskappy , verkeersdepartement of die wetgewende gesag, SAPS te verwittig. Hy gee wapen eienaaars n slegte naam. Daar moet gekyk word na die plek wat hom op gely het in sy vaardigheid om n wapen te besit of hy werklik wetlik vaardig was. Was sy wapen aanhom toe hy oproep gekry he, of et hy eers uis toe gery omdit te aanhal. Dit alles spreuk oor sy gemoedstoestand. Het hy indie ingewing van die oomblik gereageer toe hy aangeval is, NEE, DINK MOS OM N WAPEN LISENSIE TE HE IS NET OM UIT TE HAAL EN TE SKIET. Hy moet maar sy pyne vat, enige persoon met die regte opleiding sou nie so op getree het nie.

Cecil ·

Ja wat … en ek dink weer dat mense so gatvol is vir al die moorde en diefstalle , dat gemoedstoestand amper nie ter sprake kan kom nie , dit is doodeenvoudige gevoel van magtelose woede soos meeste mense (veral blankes) voel in die land … maar jy sou seker eers sy ID boekie en naam gevra het voordat jy iets sou doen Theo ? Hoera vir jou … ongelukkig is elke mens uniek met sy eie manier en hantering van situasies … kyk selfs in die SAPS is dienaars(met dieselle opleiding) se optrede verskillend van mekaar omdat hulle elkeen ‘n unieke mens is , met verskillende geaardhede … maar kom ons trap die outjie omdat hy iemand wou help …. hopelik kyk hy anderpad volgende keer … nou hoop ons net nie dat jy dalk die slagoffer mag wees as hy anderpad moet/wil kyk nie , nê ?

Maritza ·

@ Theo, kom ons kry net eers die regte feite agter mekaar voordat jy enige iemand kan oordeel. Jy ken ongelukkig nie die persoon nie, en sit jouself in so posisie, voordat jy sy gemoedstoestand die skuld wil gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.