Vermeende hondevegters kry borg

Argieffoto.

Argieffoto.

Altesaam 13 mans van die Oos-Rand in Gauteng wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn hondegevegtesindikaat, is Maandag in die Tsakane-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het hul teleurstelling hieroor uitgespreek.

Volgens die NDBV is deel van die mans se borgtogvoorwaardes dat alle huishoudelike diere teen Vrydag aan die plaaslike DBV oorhandig moet word.

Die NDBV en die polisie het verlede maand tydens ʼn klopjag in die Oos-Rand beslag gelê op 14 honde wat in hondegevegte gebruik is. Dertien van die honde moes uitgesit word weens hul erge beserings.

Die 13 verdagtes moet weer op 3 Desember in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Gooi die spul saam met wreedaardige honde in ‘n hok – laat dit vir hulle ‘n les wees.

leon ·

Nee wat Trip hulle gaan net n klein boete kry en dan gaan hulle net voort waar hulle opgehou het. Daar is geen afskrik middel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.