Altesaam 13 mans van die Oos-Rand in Gauteng wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn hondegevegtesindikaat, is Maandag in die Tsakane-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het hul teleurstelling hieroor uitgespreek.
Volgens die NDBV is deel van die mans se borgtogvoorwaardes dat alle huishoudelike diere teen Vrydag aan die plaaslike DBV oorhandig moet word.
Die NDBV en die polisie het verlede maand tydens ʼn klopjag in die Oos-Rand beslag gelê op 14 honde wat in hondegevegte gebruik is. Dertien van die honde moes uitgesit word weens hul erge beserings.
Die 13 verdagtes moet weer op 3 Desember in die hof verskyn.
Gooi die spul saam met wreedaardige honde in ‘n hok – laat dit vir hulle ‘n les wees.
En nou gaan hulle dit maar net weer doen!
Nee wat Trip hulle gaan net n klein boete kry en dan gaan hulle net voort waar hulle opgehou het. Daar is geen afskrik middel nie.