Vermeende Kosmos-skieter soek regshulp

Ruzanne Weideman en haar ma, Magdalena Prinsloo (Foto: Facebook/Ruzanne Weideman)

Paul Prinsloo (61) wat van die dubbele moord op sy vrou en stiefdogter beskuldig word, het Woensdag aangedui hy wil om regshulp aansoek doen.

Hy het op die oog af verward voorgekom tydens sy vlugtige verskyning in die landdroshof op Brits.

Donald Baloyi, sy regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê sy mandaat is beëindig. Prinsloo het hierop aangedui hy wil aansoek doen om regshulp. Hy het kort-kort verward om hom gekyk en Reagan Rosenberg, die landdros, moes by meer as een geleentheid sy vrae aan Prinsloo herhaal.

Omdat daar eers ʼn nuwe regsverteenwoordiger vir Prinsloo aangewys moet word, het hy nie soos verwag met sy borgtogaansoek voortgegaan nie.

Prinsloo word daarvan beskuldig dat hy verlede Maandag vir Ruzanne en toe vir Magdalena by die gesin se huis op Kosmos in Noordwes doodgeskiet het.

ʼn Bron het vroeër gesê daar was glo kort voor die skietvoorval ʼn rusie tussen Paul en Magdalena. Hy het hierna na bewering sy jaggeweer gaan haal en albei vroue doodgeskiet.

Prinsloo bly in aanhouding tot hy weer volgende week in die hof verskyn.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sêmanet ·

Die vrou en haar dogter het nie kans gehad om aansoek om regshulp te doen nie……sê ma net.

Karoo ·

Ek wonder altyd, hoe neem jy ‘n saak aan soos die waar daar geen ander uitkoms is soos skuldig. Nou moet jy die teendeel bewys? Of versagtende omstandighede? Dan kan hy mos homself “verdedig”, hy was dan braaf met’ n jag geweer. Hoeveel bly oor van ‘n mens na so’ n skiet wond?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.