Vermeende moordenaar agter tralies danksy feesseisoen

‘n Vermeende moordenaar wat vir vier maande lank die polisie ontduik het, is Maandag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy die gebied vir die feesseisoen besoek het.

Kaptein Thulani Zwane, ‘n polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die verdagte is in Ngwelezane, naby Epangeni, in hegtenis geneem. “Die 20-jarige verdagte word van die moord op Njabulo Zulu (38) verdink. Zulu is op 29 Julie by die KwaMashu-manskoshuis doodgeskiet,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane het die polisie ‘n wenk ontvang dat die verdagte in die omgewing is vir die Kersseisoen. Hy moet binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.