Vermeende OTM-bomplanters drie jaar later vas

Argieffoto

Twee vermeende kitsbank-bomplanters, wat sedert 2010 al van die polisie vlug, is Maandag in Katlehong in Gauteng aangekeer.

“Een van die mans is in Ncala aangekeer en die ander in Nhlapo,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê. “Die eerste verdagte is by sy huis met inligting en foto’s van die gesoekte verdagtes gekonfronteer en hy het die metropolisie na sy medepligtige gelei.”

Die mans word gesoek in verband met verskeie kitsbank-ontploffings in KwaZulu-Natal. ʼn Saak is in Estcourt, KwaZulu-Natal, oopgemaak. Kgasago sê die mans sal na Estcourt geneem word waar hulle van kitsbank-ontploffings, skade aan eiendom en dat hulle ander mense se lewens in gevaar gestel het, aangekla sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

EBTfan ·

En op R500 bail vrygelaat Sal word…. vir ‘n verdere 3jaar se ondersoek en finally skotvry hiervan gaan afkom !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.