Vermeende OTM-bomplanters in Kaapstad vasgetrek

Die polisie het Donderdag twee vermeende OTM-bomplanters naby Kaapstad vasgetrek.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het Donderdagoggend strategies beamptes in die omgewing van die Mainweg-tak van Wesbank in Mfuleni, Kaapstad, ontplooi. Die beamptes het omstreeks 04:24 gesien hoe vier verdagtes ‘n OTM nader, vermoedelik om ‘n misdryf te pleeg.

Die beamptes het die verdagtes genader, en na ‘n sarsie skote is twee van die verdagtes in hegtenis geneem. Die verdagtes is onderskeidelik 27 en 36 jaar oud. Een verdagte is in sy been geskiet en ontvang tans mediese behandeling. Twee verdagtes het gevlug en sal na verwagting binnekort in hegtenis geneem word.

Ploftoestelle is op die toneel gevind en die polisie het beslag gelê op ‘n replika 9mm-pistool.

Arno Lamoer, provinsiale kommissaris van die Wes-Kaapse polisie, het sy waardering uitgespreek vir professionele manier waarop die beamptes die situasie hanteer het. Hy is ook tevrede met die vordering wat gemaak word in die vlaag van OTM-rowe wat die provinsie teister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.