Vermeende pedofiel sterf in die tronk

richwood

Roger Haupt se huis in Richwood waaruit drie tieners gered is nadat hulle glo seksueel mishandel en uitgebuit is Foto: Ross Jansen, IOL http://www.iol.co.za/news/crime-courts/child-sex-accused-to-sell-house-to-pay-lawyer-1.1551830#.UlgZIVBmim4

Roger Haupt (77) wat in die hof verskyn het vir seksuele misdrywe teen jong dogters is twee weke gelede reeds in die Goodwood-gevangenis oorlede, het ʼn beampte van die departement van korrektiewe dienste Vrydag gesê.

“Hy is in die Karl Bremer-hospitaal opgeneem en het teruggekeer na die gevangenis,” het Simphiwe Xako, woordvoerder van die departement in die Wes-Kaap, gesê. “Hy is daardie Saterdag [28 September] omstreeks 11:00 in die tronk oorlede.”

Xako wou nie die oorsaak van die dood bekend maak nie.

Haupt sou Vrydag in die Goodwood-distrikshof verskyn het nadat sy borgaansoek in Augustus van die hand gewys is.

Hy het 22 aanklagte van seksuele misdrywe in die gesig gestaar.

Die hof het tydens sy vorige hofverskyning gehoor dat ondersoek ingestel is nadat een van Haupt se bure aangedui het dat hy jare lank al gereeld jong dogters by sy huis opgemerk het.

Ao Johan Kotze, woordvoerder van die polisie, het gesê Haupt het onlangs positief getoets vir MIV.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MMP ·

Neem asb kennis…dit was ‘n ernstige siek gevange. Na aanleiding van sekere menere wat uit is op mediese parool en dan lekker gholf speel en inkopies doen.

MMP ·

Neem asb kennis…dit was ‘n ernstige siek gevangene. Na aanleiding van sekere menere wat uit is op mediese parool en dan lekker gholf speel en inkopies doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.