Vermeende plaasaanvallers steeds soek

Die polisie in die Vrystaat is op soek na drie mans wat ‘n boer, sy vrou en hul ses maandeoue baba Saterdag glo met ‘n vuurwapen gedreig en beroof het.

Die voorval het op die boer se plaas Nuwejaarspruit naby Rouxville plaasgevind, berig OFM. Yanga Mokana, woordvoerder vir die polisie, het gesê die mans het die huis deur ‘n oop badkamervenster betree. Die rowers het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug nadat hulle die boer gedwing het om die kluis oop te sluit. Hulle het in sy bakkie gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.