Vermeende polisie-verhouding eindig tragies

geweer4-320x1791Twee polisiebeamptes, wat glo in ʼn verhouding was, is Sondag in Bloemfontein doodgeskiet.

Grace Langa, ʼn woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod), het Maandag aan OFM die name van die twee beamptes bekend gemaak.

Konst. Sipho Mbelekane (28) en konst. Kefuoe Phohlela (24) se liggame is Sondag in ʼn voertuig in die parkeerterrein van die Park Road-polisiestasie aangetref. Hulle is albei in die kop geskiet.

Volgens Langa was die twee konstabels glo in ‘n verhouding en het Mbelekane eers vir Phohlela geskiet, waarna hy homself geskiet het. “Ons kan egter nog nie bevestig of die twee konstabels in ʼn verhouding was nie. Ons sal hierdie bewerings en die rede vir die skietery ondersoek,” het Langa gesê.

Mbelekane het by die Park Road-polisiestasie gewerk en Phohlela het by die aanklagtekantoor gewerk. Hul naasbestaandes is van hul dood ingelig.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Bron: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.