Vermeende reeksverkragter kan borgaansoek indien

ʼn Man wat van 33 verkragtings aangekla word en 33 pogings tot moord kan Woensdag in die landdroshof in Alberton sy borgaansoek indien.

Die man se naam kan nog nie bekend gemaak word alvorens hy op die aanklagte gepleit het nie. Hy word daarvan verdink dat hy 33 meisies tussen die ouderdomme 10 en 14 jaar verkrag het. Hy is teen die einde van Januarie in Edenpark in hegtenis geneem nadat een van die meisies hom glo huis toe gevolg en die polisie toe in kennis gestel het. Tydens die man se vorige verskyning in die hof het sy prokureur, Golden Moloi, homself van die saak onttrek. “Ek kan hom nie verteenwoordig nie, aangesien daar ʼn ernstige botsing van belange bestaan… Ek ken sommige van die slagoffers en hul ouers – die dogters het voor my grootgeword,” het Moloi aan die hof gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.