Vermeende reeksverkragter weer aangekeer

boeie 2ʼn 32-jarige man wat van ʼn hele aantal verkragtings beskuldig word en in Brits uit die polisie se aanhouding ontsnap het, is weer aangekeer, het die polisie in Noordwes Maandag gesê.

“Die man is Vrydag aangekeer nadat hy op 17 September ontsnap het,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het in bosse in Zone 6 in Letlhabile naby Brits weggekruip. Ons het ʼn wenk ontvang dat die verdagte gereeld ʼn plakkershuis in Zone 10 besoek vir kos en verligting.”

Die man het ontsnap toe hy van die hof na die polisieselle vervoer is. Hy het glo by ʼn verkeerslig die agterdeur van die polisievoertuig oopgeskop. Die polisiebeamptes het probeer om hom aan te keer, maar hy het ontsnap.

Hy is aanvanklik op 13 Augustus in hegtenis geneem op 13 aanklagte van verkragting wat tussen 2009 en 2012 in Letlhabile, Limpopo en Lethabong naby Brits plaasgevind het.

“Die vermeende slagoffers is tussen 14 en 17 jaar oud. Sommige van die slagoffers is op pad skool toe verkrag en van hul besittings beroof.”

Die man sal na verwagting Maandag weer in die landdroshof in Brits verskyn op aanklag dat hy uit wettige aanhouding ontsnap het.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het die vennootskap tussen die polisie en die inwoners geloof wat tot die inhegtenisneming gelei het. “Dit het groot verligting gebring,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.