Vermeende renosterstroper doodgeskiet

Foto: www.rhinoconservation.org

‘n Vermeende renosterstroper is Saterdagaand in die Kruger Nasionale Park doodgeskiet en nog een ernstig gewond.

“Wildbewaarders het by die Krokodilbrug-gedeelte van die park op drie gewapende mans, wat glo renosters wou stroop, afgekom en ‘n skietery het ontstaan,” het Ike Phaahla, woordvoerder vir SANParke gesê. “Een man is doodgeskiet, ‘n ander ernstig gewond, en die derde man het op die vlug geslaan,” het hy gesê. ‘n .375-jaggeweer en patrone is by die toneel opgespoor. Die beseerde man is onder polisiebegeleiding na ‘n nabygeleë hospitaal geneem terwyl die ondersoek voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.