Vermeende renosterstroper doodgeskiet

Foto: www.rhinoconservation.org

‘n Vermeende renosterstroper is Sondagmiddag in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Musa Mntambo, ‘n woordvoerder van Ezemvelo Kwazulu-Natal Wildlife, het Maandag gesê die stroper is by die Omfolozi-natuurreservaat geskiet.

“Wildbewaarders het omstreeks 15:00 geweerskote gehoor. Hulle het gesorg dat alle uitgange beman word en gaan ondersoek instel,” het Mntambo gesê.

Die bewaarders het op twee verdagtes afgekom. Een van die verdagtes het ‘n jaggeweer by hom gehad en sy jaggeweer op die bewaarders gerig. Die bewaarders het skuiling gesoek en op die verdagte geskiet, voor hy op hulle kon skiet.

“Die verdagte is op die toneel dood. Die ander verdagte het weggehardloop, maar is later tydens ‘n padblokkade saam met nog twee verdagtes in hegtenis geneem,” het Mntambo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.