Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, sê ʼn vierde vermeende stroper is beseer terwyl drie vermeende stropers in hegtenis geneem is. Een van die vermeende stropers is Maandag in die Krugerwildtuin doodgeskiet en daar is op ʼn vuurwapen en renosterhoring beslag gelê. Drie vermeende stropers is later die dag naby Sabie in hegtenis geneem en daar is op ʼn vuurwapen en byl beslag gelê. Veldwagters het Dinsdag op nog ʼn groep vermeende stropers afgekom en twee doodgeskiet en een gewond. Thakhuli sê teen Maandag was daar reeds 222 renosters vanjaar vir hul horings doodgemaak.
Vermeende renosterstropers doodgeskiet
Drie vermeende renosterstropers is die afgelope twee dae in die Krugerwildtuin doodgeskiet terwyl talle in hegtenis geneem is.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
Een kommentaar
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Dit is goeie nuus. Die veldwagters moet meer van hierdie bliksems vrekskiet. Goeie werk julle ouens ek is trots op julle.