Vermeende renosterstropers in hof

Foto: ww.rhinoconservation.org

Vier vermeende renosterstropers sal na verwagting Dinsdag in die Thabazimbi landdroshof in Limpopo verskyn.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, sê die vier verdagtes is Maandag op ʼn plaaspad naby Thabazimbi in hegtenis geneem. Mulaudzi sê die motor waarin die mans gery het, was verdag en is deur die polisie afgetrek. “Die polisie het die motor deursoek en ʼn jaggeweer, ammunisie, ʼn byl en ʼn handsaag gevind. Daar word vermoed dat die verdagtes op pad was om ʼn renoster vir sy horing dood te maak op een van die plase in die gebied.” Die verdagtes word aangekla vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Volgens Sanparke is 443 renosters verlede jaar vir hulle horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.