Vermeende rower dood ná skietgeveg met die polisie

ʼn Vermeende rower van ʼn vermaaklikheidsentrum in Boksburg, Johannesburg, is vroeg Saterdagoggend dood na ʼn skietgeveg met die polisie.

Die vermaaklikheidsentrum is omstreeks 01:10 die oggend beroof. Twee werknemers was besig om die swembadklub te sluit toe vier mans hulle met gewere aangehou, aangerand en toe vasgebind het. Alkohol en geld is beroof.

Inspekteur Kobeli Mokheseng het gesê beamptes het die gebied saam polisielede patrolleer toe hulle die verdagte wit Mazda Midge-sedanmotor op die R554-pad in Brakpan sien jaag het. Die motor het heen en weer oor die pad gery. “Die verdagte motor met vier manlike insittendes tussen 36 en 41 jaar oud het die blou ligte en sirenes ignoreer voordat hulle op die polisievoertuie wat hulle gejaag het, begin skiet het,” het Mokheseng gesê. Een van die vermeende rowers is tydens die skietgeveg dood.

Die beamptes was in staat om die voertuig af te trek en te deursoek. “Die polisie het twee 9mm-vuurwapens waarvan die reeksnommers afgevyl was, en ammunisie opgespoor.” Die voertuig is deeglik deursoek en beamptes het alkohol ter waarde van R6 000 in die kattebak opgespoor.

Twee van die mans is in ʼn ernstige maar bestendige toestand in die hospitaal.

Die wit Mazda Midge-sedan is deur die slagoffers uitgeken. Die mans word aangekla met die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, poging tot moord, minagting van die gereg en die besit van gesteelde goedere. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van gewapende roof en aanranding met die doel om skade aan te rig.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn, het Mokheseng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.