Vermeende rower in Benoni doodgeskiet

ʼn Vermeende rower is Maandag in Benoni, Ekurhuleni, ná ʼn rooftog doodgeskiet.

Volgens luitenant Nomsa Sekele, ʼn polisiewoordvoerder, het vier gewapende mans G4-veiligheidswagte aangeval terwyl hulle tussen 10:00 en 11:00 kontant by ʼn Spar in Rynfield gaan optel het.

Die rowers het ʼn onbekende bedrag geld en ʼn vuurwapen gesteel. Die wagte is ongedeerd. Die polisie is ontbied, wat kort daarna die rooi VW Polo opgespoor het waarin die verdagtes gevlug het.

“Die voertuig is in Snakeweg afgetrek. ʼn Verdagte het uit die voertuig geklim en op die polisie begin skiet terwyl die ander drie verdagtes weggejaag het,” het Sekele gesê.

Die verdagte is gewond en is onderweg na die hospitaal dood. Die polisie het die voertuig naby die Tom Jones-afrit opgespoor met slegs een insittende. Die polisie is besig om die man te ondervra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.