Vermeende rowers doodgeskiet

Twee vermeende rowers is Maandagoggend in Germiston doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn polisiebeampte is ook in die voorval beseer. “Die polisie het op inligting reageer nadat ʼn verdagte voertuig in die omgewing waargeneem is,” het Dlamini gesê.

“Die polisie het die voertuig agtervolg en wou die persone van die pad af trek toe die insittendes op die polisie losgebrand het. ʼn Polisiekaptein is gering beseer nadat ʼn koeël ‘n skraapwond aan sy gesig veroorsaak het. Die polisie het teruggeskiet en albei verdagtes doodgeskiet,” het Dlamini gesê.

Die polisiebeampte is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem. Die polisie het op ʼn 9mm-vuurwapen beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.