ʼn Vermeende stroper is Dinsdagaand deur ʼn buffel doodgetrap in die Krugerwildtuin.
ʼn Woordvoerder van die wildtuin, William Mabasa, sê die voorval het noord van Punda Maria plaasgevind. Daar was glo drie mans en die ander twee het weggehardloop. Mabasa kon nie bevestig dat hulle stropers was nie. “Maar jy kan jouself wel afvra wat iemand gedurende die aand in die park doen sonder dat hulle deur die hek gekom het.” ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Mohale Ramatseba, sê die 35-jarige man is deur die buffel doodgetrap en het op die toneel aan sy beserings beswyk. Die polisie ondersoek die saak.