Vermeende stropers doodgeskiet

sanparkeTwee vermeende stropers is Woensdag in die vroeë oggendure in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Volgens SANParke het wildbewaarders van Krokodilbrug die stropers omstreeks 01:15 in die omgewing gewaar en noodlottig gewond. Die bewaarders het beslag gelê op ʼn .375-vuurwapen, ammunisie en toerusting wat vir stropery gebruik word.

Owerhede het Maandag bevestig dat die karkasse van ses renosters oor die naweek in die Krugerwildtuin gevind is. Daar word vermoed dat die diere reeds oor die feestyd doodgemaak is, maar die karkasse is eers die naweek gevind.

Byna 1 000 renosters is verlede jaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak. Sowat 600 van die gevalle het in die Krugerwildtuin plaasgevind.

Ike Phaahla, ʼn woordvoerder van SANParke, het gesê alles word gedoen word om die stroperyprobleem aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Linda ·

Beste nuus in n baie lang tyd :) – Kruger manne – skiet om dood te skiet asseblief – moenie wond nie!!!!!!!!!!!!!!

Louis ·

Skiet hulle dood!!!, vra vrae later, gooi hulle in by die krokudile, Niemand sal Weet nie, Los ons diere uit !!!. Ek wil graag he my kinders Moët eendag die diere lewindig sien, nie n standbeeld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.