Vermeende toeris sterf in sweeftuig-ongeluk

sweeftuig‘n Man wat vermoedelik ʼn toeris van Noorweë is, is Maandag dood in ʼn sweeftuig-ongeluk by die Tempe-lughawe in Bloemfontein.

Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het ooggetuies gesien hoe die man se sweeftuig opstyg. “ʼn Paar oomblikke later het die sweeftuig egter na agter gekantel en het met ʼn groot slag ʼn muur getref,” het sy gesê.

Die man is op die toneel dood verklaar. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.