Vermeende Tukkie-verkragter weer vas

Die vermeende verkragter van ʼn Tukkie-student is weer in hegtenis geneem nadat hy verlede week uit aanhouding ontsnap het.

Beeld berig dat Tsietsi Samuel Mziza (24) vir huisbraak in hegtenis geneem is en vir twee dae in aanhouding was voor polisiebeamptes by die Pretoria-Moot-polisiekantoor agtergekom het dat hy dieselfde man is wat gesoek word in verband met die Tukkie-student se verkragting. Hy is na ʼn huisbraak in Riviera in hegtenis geneem. Mziza het vroeër uit aanhouding ontsnap nadat hy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling. Mziza het na bewering die 22-jarige Tukkie-student in haar huis oorval, verkrag en 23 keer met ʼn mes gesteek. Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Beeld berig daar is reeds drie lasbriewe vir Mziza se inhegtenisname uitgereik. Die polisie soek hom glo al vandat hy 14 jaar oud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.