Vermeende uitskot-strooiers in die hof

emmer3Nege mans wat glo menslike uitskot by die Kaapstadse internasionale lughawe gestort het, het Maandag vlugtig in die Bellville-landdroshof verskyn.

Die mans, wat almal tans op borg is, se saak is na die Bellville-streekshof oorgeplaas. Hulle moet op 23 Oktober in dié hof verskyn.

Loyiso Nkohla, Andile Lili, Yanga Mjingwana, Ben Dyani, Jaji Diniso, Bongile Zanazo, Thembela Mbanjwa, Bantubakhe Mqobodiya en Wandisile Mkapa het glo op 25 Junie 10 emmers vol menslike uitskot by die lughawe se vertrekterminaal gestort. Hulle word aangekla ingevolge die Wet op Burgerlike Lugvaart, en kan tot 30 jaar tronkstraf gevonnis word indien hulle skuldig bevind word.

Nkohla is ‘n ANC-raadslid en Lili was ‘n voormalige raadslid. Hulle was uit op ‘n waarskuwing vir ‘n soortgelyke oortreding by ‘n Kaapstadse treinstasie toe hulle in hegtenis geneem is. Sewe van die mans is aanvanklik borgtog geweier, maar is later vrygelaat ná ‘n aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Lees ook:
Zille maak lys van “poefieprotes”-leiers bekend
Singende protes toe uitskot-storters nie borg kry nie
Nege in hof weens uitskot by lughawe
Ontlasting by lughawe uitgegooi
Ontlasting na raadslid se huis gegooi
“Poefiepolitiek” haal buitelandse media
Nuuskommentaar: Riooletiek
Ontlasting na Zille se bus gegooi
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit
Betogers blok N2-hoofweg
De Lille: Sommiges verkies emmertoilette
Kaapstad kry dalk ‘slim’ toilette

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.