Vermeende verkragter in Kaapstad gestenig

kinderhande

Argieffoto

ʼn Man wat glo ʼn 15-jarige meisie met ʼn mes gedreig en toe verkrag het, is in die Crossroads informele nedersetting in Kaapstad gestenig, het The Star Dinsdag berig.

Die 32-jarige man is Sondagaand omstreeks 23:00 uit ʼn kroeg, naby aan die slagoffer se huis, gesleep en met sambokke geslaan en met klippe bestook.

Twee mans met messe het glo die meisie en haar vriendin Saterdagmiddag, terwyl hulle na ʼn maat op pad was, oorrompel, het die slagoffer se tannie aan die koerant gesê. Hulle is in ʼn plakkershuis gedwing en verkrag. “My susterskind het gesê die verdagte en sy medepligtige het gedreig om hulle dood te maak as hulle vir enigiemand van die voorval vertel,” het die tannie gesê.

ʼn Plaaslike inwoner, wat anoniem wou bly, het aan die koerant gesê hulle was keelvol vir die man. “Die dag voordat hy die meisie verkrag het, het hy selfone van ʼn hele paar mense gesteel. Hy het altyd ʼn mes by hom gedra,” het die inwoner gesê. “Ons het nie berou oor sy afsterwe nie, want as ons nie op die voorvalle reageer nie, gaan niemand nie.”

Die verkragte tiener is van die toneel verwyder nadat haar familie glo doodsdreigemente van die vermoorde man se vriende ontvang het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

As die man werklik skuldig is, is dit goed dat hy so aan sy einde gekom het.
Een minder om kinders te verkrag.
Alle verkragters en moordenaars moet so, en erger aan hul einde kom.
Dalk sal dit dan stop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.