Verminkte babalykie in Diepsloot opgespoor

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die erg verminkte liggaam van ʼn sewe maande oue seuntjie is Sondagoggend in sy ma se plakkershuis in Diepsloot aangetref, het The Star Maandag berig.

Volgens die bure het die ma (23) hom alleen gelos. Die ma het glo die dood vroeg Sondagoggend by die polisie aangemeld, en beweer dat die kind deur rotte aangeval is, maar toe die polisie by die toneel opgedaag het, het die ma verdwyn.

Kapt. Tsekiso Mofokeng het aanvanklik glo aan die koerant gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord, maar hy het later gesê ʼn patoloog se waarnemingsverslag dui daarop dat die kind deur rotte gevreet is.

Die polisie is op soek na die ma en die ondersoek duur voort.

Plaaslike inwoners het glo gesê hulle vermoed dit was ʼn muti-moord, aangesien verskeie liggaamsdele vermis word.

-SAPA

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marlise ·

ai ek weet nie hoe kan n mens n baie so seer maak en net n babatjie alleen by die huis los nie. die mesdom is regtig siek ek hoop word gestraf

lindie ·

Maki saak wit, pienk,bruin,swart dis n onskuldige baba wat nie na hom self kan kyk nie, dis n mensie wat asem haal wat nie gevra het om hier te wees nie. Hul mt die ma sommer onerste bo in n rooi miernes laat hang tot sy ook so lyk, sies hy was jou kind…

AmY ·

Ja nee kyk. Hoe die duiwel los jy jou sewe maande oue baba vir twee dae alleen by die huis??? Seker die duiwel wat haar dit laat doen het. Kan aan geen ander rede dink nie.
Sy was seker na ‘n sjebien toe om te gaan suip. Sy is seker ook alweer swanger. Ek word so kwaad as die tipe berigte lees.

justi ·

Wat vir my erg is, die bure het geweet die baba is alleen gelos. Waarom het een van hulle nie die baba gaan haal en na hom omgesien nie? Sekerlik moes hul die baba hoor huil het! Die sogenaamde “Ma” van die kind is in my oe n niks werd en gemors! Die kind was seker net vir een doel daar en dis om n “grant” te kan ontvang! Hy het sekerlik n baie pynlike dood gesterf! Mag sy sogenaamde, Ma dieselfde pyn deurgaan en erger as wat die baba moes deurgaan.

Daan ·

Die wat nie ouers moet wees nie kry maklik kinders. Dis onmoontlik dat niemand iets agtergekom het nie want plakkershutte staan opmekaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.