Verminkte onderwyseres: saak duur voort

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die verminkte liggaam van ʼn onderwyseres nie.

Die polisie in Noordwes het Vrydag op die grusame toneel afgekom waar die vrou se kopvel verwyder en beide haar ore afgesny is. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die 43-jarige onderwyseres is sowat twee weke gelede as vermis aangemeld. Sy is laas gesien toe sy van haar huis in Randfontein na haar werk in Johannesburg vertrek het, berig EWN. Ngubane het gesê ʼn saak van moord word ondersoek.

Vir meer inligting, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.